ADVERTISEMENT:

 

 
 

“Egipte in die tyd van Cleopatra” was die Graad 4’s van Laerskool Louis Trichardt se “tydperk” in die skool se operette Ek het gedroom. Hier is Cleopatra, gespeel deur Sarisa van der Goot. Die Graad 4’s het geen moeite met hul kostuums ontsien nie en ‘n skouspelagtige bydrae tot die operette gemaak.

Laerskool Triegies se operette 'n groot sukses

Date: 18 October 2013 By: Linda van der Westhuizen

 
 
 

Viewed: 742

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Ruimtevaarder Neil Armstrong, gespeel deur Johannes Joubert, gaan op die maan land as deel van die uitbeelding van die Graad 6’e se tydperk in die operette van Laerskool Louis Trichardt. Saam met hom is die drie hoofkarakters van die operette, Nanny McPhee, gespeel deur Alida du Preez (links), James Bond (Roy Stewart) en Incredible Hulk (Stefan Corbett). Armstorng het sy vlag vergeet, maar word deur Bond uit die penarie gered. Die hoofrolspelers word afgewissel. Sommige aande vertolk Bernice Meiring die rol van Nanny Mc Phee, Heinrich Viljoen is dan James Bond en Ronewa Kudzingana is Incredible Hulk. Die Graad 1’s van Laerskool Louis Trichardt het die Superheroes se wêreld uitgebeeld tydens die skool se operette Ek het gedroom. Professor Chris Barnard (regs), gespeel deur Franco Knoetze, in aksie met gevaarlike toerusting tydens ‘n “hartoorplanting”, bygestaan deur ´n bekommerde suster Pilletjies (Suandrie Corbett). James Bond (Roy Stewart) kry ‘n nuwe hart tydens die Graad 5’s se humoristiese inset met Laerskool Louis Trichardt se operette. Drome kan waar word! Hier bring die skoolhoof, mnr. Louis Linde, heerlike koue koeldrank net nadat die kinders daaroor gedroom het! Hierdie toneeltjie is uit die begin van Laerskool Louis Trichardt se operette Ek het gedroom. TJ Venter van Graad 0 gebruik sy kettie en bekruip met oorgawe tydens Laerskool Louis Trichardt se operette Ek het gedroom. Hy is afgeneem tydens die vertoning vir die senior burgers op 10 Oktober. Shaun Beeten (links) en Melinda van der Westhuizen is die Griekse koning en koningin wat die eerste Olimpiese Spele open tydens die Graad 2’s se oulike uitbeelding van dié tydperk. Die geleentheid was Laerskool Louis Trichardt se operette Ek het gedroom.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT