ADVERTISEMENT:

 

 
 

Attie Engelbrecht van Makhado (Louis Trichardt) wat deurgedring het na die volgende rondte van die Windpompfees SMS-sangkompetisie.

Inwoners se stem kan Attie laat wen

Date: 03 April 2014 By: News Correspondent

Die Soutpansberg se Attie Engelbrecht, bekende sanger van Makhado (Louis Trichardt), is een van die gelukkiges wat deurgedring het na die Windpompfees SMS-uitklopkompetisie op Groot FM.

Attie is deel van ‘n groep sangers wie se liedjies op Groot FM Radio 90.5 uitgesaai kan word en vir wie luisteraars dan kan stem. Sy liedjie sal op die radiostasie uitgesaai word tussen 20:30 en 21:00 op 7 April, waarna daar gestem kan word.

Om te stem, SMS die woord WIND na die nommer 49905, en skryf die deelnemer se nommer agteraan. SMS’e kos R1.50. Deelnemers se nommers sal aangekondig word. Indien luisteraars nie Groot FM kan opvang nie, kan hulle na die liedjie luister op Internet “streaming” deur www.grootfm.co.za te besoek en te klik op die Luister Nou-opsie in die linkerkantse boonste hoek van die webblad.

Die 24 deelnemers wat deurdring na die semi-finale rondte van die kompetisie sal op 14 April in kennis gestel word. Die semi-finaal vind op Vrydag, 2 Mei, plaas tydens die Windpompfees in Mookgophong. Van die 24 deelnemers sal 12 finaliste gekies word wat op 3 Mei sake sal uitspook. Die wenner sal net voor die hoofvertoning Saterdagaand aangewys word.

Attie en sy mede-deelnemers staan die kans om groot pryse ten wen. Dit sluit in ‘n jaar se gratis bemarking deur Nester Musiek, ‘n redaksionele berig wat deur Beeld gedoen word na die fees, ‘n fotosessie saam met Joe Strijdom, David Gresham-platemaatskappy wat die wenner se lied op iTunes verkoop, Frans Staal Produksies wat die wenner sal help om nog drie liedjies op te neem (vir die wenners se koste) en laastens ‘n uur-lange vertoning tydens die Windpompfees 2015.

 
 
 

Viewed: 559

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT