ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hierdie is die Triegie-toneelgroep wie se stuk Harnas as een van slegs 10 tienertoneelstukke in die land genooi is om by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees op te tree. Voor, van links na regs, is Danika Malan, Wanga Ramahuyu, Harika Stoltz, Marli Muller, Leandri Muller en Riané Prinsloo. In die middel is Amica Theunissen, Marietjie Leonard, Jamy Jonker, Ika Smith en Annelize Pauer. Agter is regisseur Marcel van Niekerk, Jaco van Zyl, Wynand Mouton, Billy Scott,Willem Martin, Ndodzo Mawela en Marco Venter.Foto: Maya-Lee Fotografie. 

Harnas deur na finaal

Date: 05 September 2014 By: Linda van der Westhuizen

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt het Maandag  gehoor dat hulle produksie, Harnas, een van slegs 10 tienertoneelstukke in die land is wat genooi is om by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom op te tree.

“Ons het omtrent lofliedere gesing toe ons hoor ons is deur! Ek voel definitief dat daar baie sterk kompetisie vir ons wag,” het Annelize Pauer van die Harnas-toneelgroep gesê.

Die ander nege skole wat na Aardklop genooi is, is Hoërskool Zwartkop van Centurion met Die Joiner, Potchefstroom Gimnasium met Verspeelde Tyd, Helpmekaar Kollege van Johannesburg met Rooi, Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp met Hartskelder, Hoërskool Upington met Kringloop, Schoonspruit Sekondêre Skool van Malmesbury met twee stukke, Ons Kleine Dorpie en Nog nie vry nie, Hoërskool Parel Vallei van Somerset-Wes met Wolkkop en Hoërskool Jan van Riebeeck van Kaapstad met Na ‘n ander aarde van regisseur Nico Scheepers, wat die vorige vier jaar Triegie-toneel tot groot hoogtes gelei het.

“Ons gaan nie om te wen nie. Ons groep is soos ‘n familie. Ons gaan om onsself te geniet en met ons stuk die boodskap uit te dra dat mense nie mensehandel ligtelik moet opneem nie. Sover het ons stuk almal se harte geraak,” het Amica Theunissen gesê.

Hiermee het Annelize saamgestem. “Ek voel ons dra hierdie sensitiewe onderwerp op so 'n manier oor dat mense nie anders kan as om na die tyd daaroor te gaan nadink nie. Dié tema kry min aandag in vandag se samelewing en ek kan met trots sê dat Harnas 'n poging aanwend om dit te verander,” het Annelize gesê. Dit is die tweede keer dat sy by Aardklop gaan deelneem. “Dit is 'n fantastiese gevoel om aan Aardklop te kan deelneem! Die kompetisie is natuurlik ernstig, omdat almal wat daar deelneem uitstekende stukke lewer,” het Annelize gesê.

Regisseur Marcel van Niekerk het gesê dat hulle baie opgewonde en ook dankbaar is dat hulle die voorreg gaan hê om weer aan Aardklop deel te neem. “Daar is nog werk aan die teks en sekere aspekte rondom die spel wat ons wil verbeter. Ons begin werk sodra die matrieks met hul eksamen klaar is,” het Van Niekerk gesê. Die tienertoneelstukke kom van 7 tot 11 Oktober by Aardklop aan die beurt. Verlede jaar is Flikker van Nico Scheepers, sowel as Stemtoon van Marcel van Niekerk, na Aardklop genooi. Aardklop geld as die finaal van die landswye ATKV Tienertoneelkompetsie.

 

 
 
 

Viewed: 386

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT