ADVERTISEMENT

 
 

 

Ek wil hiermee die Zoutpans­berger bedank vir die terugblik na 2014 se gebeure en ook kommentaar daarop lewer.

Misdaadsyfers spreek vanself en die prestasie van Louis Trichardt om as een van die land se “pothole paradise destinations” te kwalifiseer, laat `n wrang smaak in die mond, om nie eers te praat van die erge rioolsituasie in Louis Trichardt nie.

Al die gebeure rondom die waardasierol en wat daaruit voortgevloei het, is iets om oor bekommerd te wees. 

Agthonderd eienaars van eiendomme het beswaar aangeteken teen die waardasies van hulle eiendomme. Dit het gevolg nadat dit bekend geword het  dat daar ongerymdhede was met die toekenning van die tender. Daar is beslis dat die Makhado munisipaliteit se toekenning van tender 1/2013 “be reviewed and set aside” omdat dit “unlawful and unfair” is. Die reuk van bedrog hang dik oor hierdie gebeure.

Indien gehoor gegee word aan hierdie hofuitspraak, moet wettige waardeerders sekerlik die rol oordoen.

Indien daar van die 800 ontevrede eienaars van eiendom is wat nog nie tevrede is nie, is hulle welkom om met my te skakel sodat ons saam kan besluit op `n plan van aksie.
Indien ek oningelig is, gee vir my die regte informasie asseblief.

- Herman Smith, Louis Trichardt. Tel 084 910 7654   

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT