ADVERTISEMENT

 
 

 

Vergun my asseblief die volgende: Met die aanvanklike beplanning van parkeerruimtes, jare gelede in die strate van Louis Trichardt, was daar nooit voorsien dat in die toekoms in, omtrent elke tweede persoon wel ‘n voertuig sal besit nie.

Veral op maandeinde ry mense in sirkels om en om, om veral in Kroghstraat voor die poskantoor verby en westelike dele van Songozwistraat by Absa Bank af na Checkers, parkeerplek te bekom.
Dan merk ‘n mens op dat die munisipale verkeerskonstabels dié toedrag van sake uitbuit en hulself verlustig in verkeerskaartjies op voer­tuie wat uit radeloosheid op laaisones geparkeer word. Op Saterdae waarop min vragmotors aflewe­rings op laaisones onderneem!

Die owerheid behoort werklik Saterdae nie kaartjies op laaisones uit te skryf nie.

- Gert van Zyl (Louis Trichardt)

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT