ADVERTISEMENT

 
 

 

Ná aanleiding van ‘n brief in ‘n vorige uitgawe is ek ook heelwat “gatvol” en wil graag my griewe aan u rig.

By ‘n supermark (buite die middedorp) koop ek drie pakke beeslewer. Twee bevat lewer en die derde een is daar bo lewer, maar onder kom ‘n stuk derm en milt uit. As die supermark dink ons is honde, dan moet hulle hul suinigheid in hul gatsak steek. Die volgende dag gaan ek terug. Die bestuurder is op verlof en toe ek vra vir die eienaar se nommer, weier hulle om dit te verskaf. Maak nie veel saak nie, ek sal nooit weer daar koop nie. 

By ‘n ander winkel in die dorp koop ek hoender filette. Toe ek dit die aand oop maak, stink dit so dat ek dit moes weggooi. Koop ook nie weer daar nie.

By ‘n groot kettingwinkel sien ek weer ‘n stuk mooi gerookte Eisbein lê. Die aand by die huis is dit alweer ‘n groot stank. 

Dit laat mens wonder of jy enige supermark kan vertrou? Ek het ook al geleer dat ‘n mens moet pasop vir die “Manager’s Special” – dit is ‘n slaggat.
My raad is, kry eerder ‘n slagter wat jy kan vertrou en moenie vooraf-gemaakte pakkies koop nie. 

- Gatvol, Louis Trichardt

 
 

 
 
 
 
 
 

ADVERTISEMENT