ADVERTISEMENT:

 

 
 

Drie in hof oor beweerde aanranding op skoolseun

Date: 13 January 2017 By: Isabel Venter

Drie mans van Louis Trichardt wat daarvan beskuldig word dat hulle  ‘n 16-jarige seun aangerand het, het Maandag hier in die distrikshof verskyn.

Al drie die mans word aangekla van aanranding met die opset om ernstige leed aan te doen. In hierdie stadium kan hulle nog nie geïdentifiseer word alvorens hulle nie gepleit het op die klag teen hulle nie.

Die klag teen hulle spruit, volgens hul klagstaat, uit ‘n voorval verlede Vrydag by die Rugbylapa, ‘n bekende kroeg op die dorp.

Die mans het glo die seun gekonfronteer en daarvan beskuldig dat hy ‘n verhouding sou gehad het met een van hulle se vrou. Die seun was saam met ‘n familielid by die kuierplek, maar het buite op die paviljoen se trappies gesit omdat minderjariges nie in die kroeg toegelaat word nie.

Daar het blykbaar ‘n woordewisseling uitgebreek, waartydens die seun van die drie mans probeer vlug het. In die proses om te probeer wegkom, het hy egter gestruikel en op ‘n skerp voorwerp geval wat deur sy ribbekas gesteek het. Die seun het as gevolg van sy beserings infeksie opgedoen in sy longe. Hy is Maandag weer opgeneem in die Zoutpansberg Privaathospitaal, waar daar bevestig is dat sy regterlong platgeval het. Teen Woensdag (11 Januarie) was die seun nog steeds in die hospitaal.

Die drie mans se saak is uitgestel tot 20 Januarie om hulle tyd te gun om 'n regsverteenwoordiger aan te stel. Hulle is ook deur die hof gewaarsku om in dié tyd nie enige kontak te hê met die seun, sy ouers of enige getuies in die saak nie.

 
 
 

Viewed: 944

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT