ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Twee eerste plekke vir Mieke & Mike vanaf Wolmaransstad

Date: 20 July 2023 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs het die afgelope naweek weer kragte gemeet in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van 610 km.

In die jaaroud-wedvlug is 108 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Mieke & Mike Coetzee (Hlp) spog met ‘n eerste plek, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1 332.83 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 4de, 6de, 7de, 9de en 13de. Louis Jordaan (Hlp) was 3de, 19de en 20ste, RWJ & Mike Coetzee (Hlp) 5de, 8ste, 14de, 15de en 16de, Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp) 10de en 12de, Gerhardt Bezuidenhout (Hlp) 11de en Pienaar Hokke (Hlp) 17de en 18de.

In die ope-wedvlug is 110 duiwe losgelaat. Ook in dié wedvlug is dit Mieke & Mike wat met die louere wegstap, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1 330.85 meter per minuut. Hulle was ook 14de, 15de en 19de. Nico & Dian was 2de, 8ste, 9de en 20ste, Gerhardt 3de, 4de, 17de en 18de, Louis 5de, 10de en 16de, Louis Gossmann (Spb) 6de, Marx Hokke (Spb) 7de en 12de en RWJ & Mike 11de en 13de.

Wat die Noordstreek-punteleer betref in die middelpad-kampioenskap beklee Gerhardt tans die eerste plek met 386 punte. ‘n Kortkop agter hom is Louis met 385 punte, gevolg deur Mieke & Mike met 382 punte. RWJ & Mike het 380 punte en Nico & Dian 367 punte.

Eerskomende naweek neem die klubs deel aan ‘n die ope- en jaaroudwedvlug vanaf Theunissen oor ‘n afstand van 670 km.

 

 
 
 

Viewed: 1213

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT