ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Klubs se duiwe pak lang pad vanaf Bloemfontein

Date: 10 August 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (HLP) en Soutpansberg (SPB) Resiesduifklubs het die afgelope naweek die langpad vanaf Bloemfontein aangedurf oor ‘n afstand van 775 km in twee opewedvlugte.

In die 10A-wedvlug is73 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Nico & Dian Bezuidenhout (HLP) met hul wenduif wat die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1255,16 meter per minuut. Hulle was ook 5de, 6de, 13de en 20ste. Gerhardt Bezuidenhout (HLP) was 2de, 4de, 10de en 15de, RWJ & Mike Coetzee (HLP) 3de, 11de, 12de en 19de, Pienaar Hokke (HLP) 7de, 8ste, 16de en 17de, Marx Hokke (SPB) 9de en 14de en Louis Gossmann (SPB) 18de.

In die 10B-wevlug is 74 duiwe losgelaat, met Marx Hokkie wat met die louere weggestap het nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1234,77 meter per minuut. Hulle was ook 8ste en 11de. RWJ & Mike Coetzee was 2de, 3de, 6de en 19de, Louis Gossmann 4de, Gerhardt Bezuidenhout 5de, 7de, 9de en 18de, Pienaar Hokke 10de, 12de en 13de, Nico & Dian Bezuidenhout 14de, 15de, 16de en 20ste en Mieke & Mike Coetzee (HLP) 17de.

In die ope-kampioenskap loop Nico & Dian Bezuidenhout tans voor op die punteleer in die Noordstreek met 1 058 punte. Gerhardt Bezuidenhout is tweede met 1 052 punte en RWJ & Mike Coetzee derde met 1 015 punte. Marx Hokke en Mieke & Mike Coetzee is vierde en vyfde met onderskeidelik 1 013 en 1 007 punte.

Eerskomende naweek sal die twee klubs weer meeding in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Vryburg oor ‘n afstand van 670 km.

 

 
 
 

Viewed: 1304

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT