ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe klok vinnigste tye nóg die seisoen

Date: 31 August 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (HLP) en Soutpansberg (SPB) Resiesduifklubs het die afgelope naweek die vinnigste tye nog opgestel hierdie wedvlugseisoen in twee opewedvlugte vanaf Kimberley oor ‘n afstand van 816 km. Die duiwe het ‘n sterk suidewind geniet en was vroeg tuis.

In die 13A-opewedvlug is 51 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste twintig plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (HLP) nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 698.70 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 9de en 11de. Pienaar Hokke (HLP) was 3de, 10de en 15de, Marx Hokke (SPB) 4de, 5de, 6de en 19de, Mieke & Mike Coetzee (HLP) 7de, 16de en 17de, Osie Oosthuizen (SPB) 8ste, Gerhardt Bezuidenhout (HLP) 12de, Nico & Dian Bezuidenhout (HLP) 13de, 14de en 18de en Louis Gossmann (SPB) 20ste.

In die 13B-opewedvlug is ook 51 duiwe losgelaat. Hier was dit Mieke & Mike wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 712,01 meter per minuut. Hulle was ook 3de, 4de, 7de, 9de, 12de en 14de.  Nico & Dian was 2de, 10de, 13de en 17de, RWJ & Mike 5de, 6de, 8ste en 11de, Marx Hokke 15de en 18de, Gerhardt 16de en Pienaar Hokke 19de en 20ste.

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe vanaf Virginia oor ‘n afstand van ongeveer 640 km.

 

 
 
 

Viewed: 1353

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT