ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Matty Jacobs (65). Foto verskaf.

Tannie Matt sterf ná kort siekbed

Date: 12 June 2014 By: Linda van der Westhuizen

Een van die dorp se bekende en geliefde inwoners, Matty Jacobs (65), is na ‘n kort siekbed oorlede.

Soutpansbergers sal haar onthou as tannie Matt van Turner’s, die besigheid waarvan sy en eggenoot Hannie vir baie jare die eienaars was.

Matty het borskanker oorwin en was vir 10 jaar in remissie, totdat sy ongeveer ‘n maand gelede met beenkanker gediagnoseer is. Sy is op 5 Junie in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede.

Matty is as een van ‘n tweeling op 22 Mei 1949 in Booysens, Johannesburg, gebore en het grootgeword in Suidheuwels. Hier in Johannesburg het sy ook die liefde van haar lewe ontmoet. Nadat Hannie en Matty getroud is, het hulle na Dendron verhuis waar hulle ‘n paar jaar geboer het. Later het hulle hulself permanent in Louis Trichardt gevestig en het baie jare op die plaas Ten Trees gewoon.

Haar familie en vriende sal Matty onthou vir haar spontane vriendelikheid en opregte omgee. “Haar positiewe gesindheid en onselfsugtigheid was vir ons ‘n inspirasie en ‘n voorbeeld vir ander. Sy het al die uitdagings wat die lewe haar gebied het, gekonfronteer en deurgewerk en nooit gaan lê nie,” sê haar kinders. “My lief, ons moeder en ouma, ons harte is stukkend, maar vol dankbaarheid dat ons hemelse Vader jou ‘n lang lyding gespaar het sodat jy waardig kon gaan, soos wat jy gelewe het. Die aarde het een sagte siel minder,” skryf Hannie, die kinders en kleinkinders.

Wyle Matty Jacobs se roudiens is op 11 Junie deur ds. Ronel Eckard in die Hervormde Kerk waargeneem.  Matty laat haar eggenoot, Hannie, kinders Linda en Howard, Vic en Kotie, Matty, Louise en Theo en kleinkinders Jessica, Samantha, Johan, Matty en Louis, agter.

Die familie bedank graag drs. Anneke Malan en Anton Stroebel, tannie Maud, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal en almal wat hulle in hierdie moeilike tyd bygestaan het met ‘n bord kos, ‘n SMS, drukkies en blomme.

 
 
 

Viewed: 365

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT