ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging is besig om munisipale rekeningprobleme te ondersoek en vra die gemeenskap om probleme met rekeninge, veral met betrekking tot sogenaamde “aanpassings" (adjustments) of diverse bedrae (sundries) op die rekenings, onder hul aandag te bring.

SBBV nooi inwoners om rekenings te stuur sodat fooie ondersoek kan word

Date: 20 June 2014 By: Linda van der Westhuizen

Die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging is besig om munisipale rekeningprobleme te ondersoek en vra die gemeenskap om probleme met rekeninge, veral met betrekking tot sogenaamde “aanpassings” op die rekenings, onder hul aandag te bring.

Aanpassings op rekenings word aangegee as adjustments of diverse (sundries). Belastingbetalers kan oplet na enige bedrag wat nie deel vorm van die normale heffings of verbruik nie.

Kennington Lodge het sewe maande nadat ‘n rekeningprobleem uitgesorteer was, skielik  in Desember 2013 ‘n  rekening ontvang  met drie bedrae as diverse (sundries) en BTW by elkeen, wat in totaal net minder as R4 300 beloop het. Dit het ‘n daaglikse stryd van vier maande gekos om die rede daarvoor agter te kom en dit reggestel te kry. Dit was sogenaamde regskoste gegrond op die eerste rekeningprobleem wat agt maande geneem het om uit te sorteer. “Geen regsaksies was ooit geneem nie, daar het slegs ‘n persoon ‘n papier gebring met ‘n verkeerde erfnommer op en hy kon geen naam of telefoonnommer van sogenaamde prokureurs verskaf nie. Die probleem is dat die rekenaarsisteme nie op datum gebring word nie en dat die sisteem dan outomaties begin regsfooie hef,” het me. Marie Peché, Kennington se bestuurder, gesê.

Die Lalapanzi Hotel se krag is vir vier ure afgesny en daar het ook ‘n bedrag van meer as R4 000 op die rekening verskyn. “Die rekeninge is ‘n groot gemors. Die munisipaliteit plaas enige iets op die rekening en sê daarna dat die rekening agterstallig is. As die munisipaliteit sy werk doen, dan is al hierdie geskarrel nie nodig nie,” het me. Inga Gilfillan, eienaar van die hotel en ook voorsitter van die SBBV, gesê.

‘n Navraag in verband met Kennington Lodge is op 31 Maart aan die Makhado Munisipaliteit gestuur, waarna hulle geweier het om navrae oor ‘n individuele rekening te beantwoord. Die algemene navrae oor rekeningprobleme is ook onbeantwoord gelaat en by verskeie geleenthede weer aangestuur. Die munisipaliteit het op 10 Junie gevra dat die rekeningnavrae weer in ‘n aparte e-pos aangestuur word.

Belastingbetalers wat diverse bedrae of aanpassings op hul munisipale rekening kry, kan hul rekening faks na 086 743 6395 of dit skandeer en e-pos na [email protected] of hulle kan die SBBV bestuurder, mnr. Phillip Olivier, by 082 679 8324 skakel.

 
 
 

Viewed: 163

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT