ADVERTISEMENT:

 
     

Innibos Kunstefees

 

From: 29 June 2016 at 00:00 AM

Until: at

Location: Nelspruit


Details:

Die Innibos Laeveldse Nasionale Kunstefees in Mbombela (Nelspruit) het sy kinderskoene ontgroei en vier vanjaar sy 13de bestaans­jaar met die gepaste tema #Droom Groot.

Innibos is vanjaar van Woensdag, 29 Junie, tot Saterdag, 2 Julie. Daar is ’n stewige aanbod van 27 produksies, insluitend die kykNet Kos-crawl, die Sappi Boeke-crawl en Woorde Innituin wat eie aan die fees is. Oudergewoonte beloof die musiekkonserte op die hooffeesterrein vermaak deur topkunstenaars. Verrigtinge skop op 29 Junie af met die Huisgenoot Afskopkonsert met Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Kurt Darren, Nicholis Louw, ADAM, Joseph Clark, BlackByrd, Arno Jordaan, MoniQue en Ampie.

Op die planke debuteer vyf toneelproduksies by Innibos. Die vrou uit die see is ‘n Henrik Ibsen drama vertaal deur Hugo Taljaard. Die ander debuuttoneelproduksies is Pa, maak vir my ’n vlieër, Pa deur Chris Barnard, Ooms deur Chris Vorster, Die ontelbare 48 deur Wessel Pretorius en Hond deur Dana Snyman, spesiaal geskryf vir Frank Opperman.

Vanjaar val die kollig Donderdagaand, 30 Junie, op die jonges van gees met die kykNet Rockkonsert. Dit is die hoogtepunt van die Innibos RockRumoer-kompetisie waar die twee wen-bands dit gaan uitkap met gesoute rockers Karen Zoid, Kahn Morbee, Die Heuwels Fantas­ties, Francois van Coke, Black Cat Bones, Dan Patlansky en Albert Frost (Collaboration) en Prime Circle.

Vir die volledige program of vir meer inligting, gaan na www.innibos.co.za of skakel 013 741 5294 of 083 289 3823.


Contact Person:

Tel: 013 741 5294

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM) End: 25 May  (13:00 PM)