ADVERTISEMENT:

 
     

Birdlife SPB uitstappie

 

From: 25 March 2017 at 04:30 AM

Until: at

Location: Makuleke Dam, Punda-Maria he, Kruger Wildtuin


Details:

BirdLife Soutpansberg beplan hul volgende uitstappie op Saterdag, 25 Maart, na Makuleke Dam naby aan die Punda Maria-hek van die Kruger Wildtuin.

Volgens klubvoorsitter Geoff Goetsch is Waterploers (African Skimmers), Oopbekooievaars, Geelborsstrandkiewiete, Gryskruisswaels en partykeer Gryskopmeeus, Witpelikane, Vaalstrandkiewiete en Rooivlerksprinkaanvoëls by die dam te sien. “Afhangend van die watervlakke, kan daar ‘n moontlikheid wees vir die Sprinkaansanger,” het Geoff gesê.

Die klub beplan om 04:30 bymekaar te kom voor die MBT petrolstasie op die Levubu-pad (R524) en dan saam te vertrek na die dam om 05:00.  

Belangstellendes word hartlik uitgenooi om met Geoff te skakel sodat reëlings getref kan word om dié besonderse daguitstappie mee te maak by tel. 083 457 1501.


Contact Person: Geoff

Tel: 083 457 1501

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM) End: 25 May  (13:00 PM)