ADVERTISEMENT:

 
     

Ons Tuiste Basaar

 

From: 25 May 2024 at 08:00 AM

Until: 25 May 2024 at 13:00 PM

Location:


Details:

Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt hou op Saterdag, 25 Mei, weer hulle gewilde Makietie Basaar vanaf 08:00 tot 13:00.
Dit is ‘n gemeenskapsprojek en fondsinsame­ling waarby die tehuis graag al die kerke en die hele gemeenskap en omgewing wil betrek. Die fondse gaan gebruik word om opknappingswerk aan die siekeboegkamers te doen en die sement voetgangerpaadjies buite die tehuis te herstel. Die loopoppervlakte het baie krake in en is ‘n gevaar vir die inwoners wat daagliks daarop moet loop.
In die Makietie Basaar se teetuin sal daar vars gebak wees en kan daar heerlik saam met die inwoners gekuier word. Daar sal ook vars groente, lekker wegneemkos en pannekoek wees. Hulle beoog ‘n gemeenskapstafel met ‘n groot verskeidenheid produkte te koop - van handwerk tot vars gebak en gebottel..
“Ons het hulp en skenkings nodig. Vir enige navrae kontak asseblief vir Izelle by tel. 083 280 1583 of Ons Tuiste by 015 516 0997,” vra die tehuis.

 


Contact Person: Izelle

Tel: 083 280 1583

Email:

 

Upcoming Events

Soontoe Vriendefees
Where: Soontoe Start: 01 May  (07:00 AM) End: 01 May  (22:00 PM)
Demi Lee kom kuier
Where: Hoërskool Louis Trichardt Start: 10 May  (18:30 PM)
Tennis Double Day
Where: Louis Trichardt Tennis Club Start: 11 May  (07:30 AM)
Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM) End: 25 May  (13:00 PM)