ADVERTISEMENT:

 

 
 

Nadat inwoners maande lank hul tande geslyp en die dae afgetel het vir die Martin Mans orrelkonsert, het hy en sy mede-landgenoot Carina Bossenbroek die afgelope naweek hier in die Haantjiekerk opgetree. 

Lang wag vir Mans die moeite werd

Date: 11 March 2016 By: Isabel Venter

Na ‘n lang gewag het die internasionaal bekende Nederlandse orrelis, Martin Mans, afgelope naweek weer hier in Louis Trichardt se Geloftekerk opgetree.

Die wag, het konsertgangers na die konsert eenparig gesê, was die moeite werd.

Martin, wat vir die tweede keer die Soutpansberg besoek het om hier op te tree, is begelei op die panfluit deur landgenoot Carina Bossenbroek. Hulle het al verskeie suksesvolle toere en optredes saam gedoen, ook hier in Suid-Afrika. Dit was wel Carina se eerste besoek aan die omgewing. Hulle optrede Saterdagaand het nie net swaar, klassieke musiek ingesluit nie, maar heelwat ligter stukke wat die gehoor spontaan aan die sing gekry het en die voete op die ritme laat tik-tik het.

Een van die aand se hoogtepunte was ‘n aantal Afrikaanse liedere wat 'n plaaslike kerkkoor saam met Carina en Martin uitgevoer het, wat veral vir die oumas en oupas meegesleur het op ‘n nostalgiese rit na die goeie ou dae. Wie het nou gedink dat daar soveel sangtalent net hier in Louis Trichardt te vinde is?

So ‘n vinnige meningspeiling onder die gehoor tydens die pouse het na vore gebring dat die Plea for Africa liedjie ‘n definitiewe gunsteling was.

Martin, wat ook bekend is vir sy uitsonderlike improvisasietalent soos meesters Bach, Beethoven en Händel van ouds, het ‘n spesiale improvisasie van ‘n geestelike lied uitgevoer. Dié stuk het hy opgedra aan wyle Fanie Smit, aanbieder van die RSG radiomusiekprogram, Loof die Here.

Lof vir Carina was daar ook in oorvloed, veral na die ingewikkelde, maar tog pragtige, Twee Roemeense Sirba’s.

 

 
 
 

Viewed: 3104

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Carina Bossenbroek, 'n wêreldgehalte Nederlandse panfluitspeler, afgeneem met die plaaslike kerkkoor op die agtergrond. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT