ADVERTISEMENT:

 

 
 

Armand Joubert se met sy vrou Xanthe en die egpaar se drie seuns Lario (2), Ritge (6) en Gunthër (7). Foto verskaf.

'n Gemeenskap in rou

Date: 19 October 2023 By: Andries van Zyl

Familie en vriende is totaal verslae gelaat met die skoknuus van die skielike dood van welbekende Louis Trichardt sakeman Armand Joubert. Die 40-jarige Armand is Dinsdagaand op slag dood in ‘n tromp-op motorongeluk op die N1 suid naby die Adam's Apple Hotel.

Plaaslike polisiewoordvoerder sers. Irene Radzilane het by navraag Woensdagoggend gesê die ongeluk het omstreeks 18:45 plaasgevind. Die presiese omstandighede wat gelei het tot die ongeluk vorm deel van ‘n amptelike polisieondersoek en ‘n saak van strafbare manslag is geopen. Armand was ná werk op pad terug huis toe by die Lalapanzi Hotel waar hy en sy vrou Xanthe (née Gilfillan) woonagtig is. Die hotel behoort aan sy skoonouers, Marius en Inga Gilfillan, met Xanthe wat betrokke is by die bestuur van die hotel.

“Ons is stomgeslaan,” het Inga in reaksie op die skoknuus gesê.

Joubert het in die Klerksdorp-omgewing grootgeword. Hy sou later vir Xanthe in Haenertsburg ontmoet. In daardie stadium het hy opgetree as kontrakteur by Silicon, wat verskeie plase in die area gehad het. Joubert, ‘n bosbouer; gekwalifiseerde elektrisiën, en meulmaker, het as bosbouer plantasies behartig en bome verkoop aan Silicon vir hul brandoonde. Joubert en Xanthe is in 2013 getroud. Meer onlangs sal mense hom onthou as die eienaar van ESP Solar, wat gespesialiseer het in elektriese- en sonkraginstallasies.

“Armand was ‘n mense mens gewees. Hy het altyd vir ons gesê hy is lief vir ons. Hy wou altyd hê ons moes saam kuier of iets saam doen. Hy het ons almal bymekaar gehou. Hy het orals vriende gehad. As jy drie vriende het, het hy 300 gehad. Orals in Suid-Afrika, ons kon stop waar ons wil of wees waar ons wil, almal ken vir Armand. Hy was baie geliefd en mense het graag saam met hom gekuier,” het Inga gesê.

Teen druktyd was nog geen begrafnisreëlings gefinaliseer nie. Wyle Armand word oorleef deur sy ouers Ernst en Lizette Joubert van Barberton, sy vrou Xanthe en die egpaar se drie jong seuns (die tweejarige Lario, sesjarige Ritge en sewejarige Gunthër), skoonouers Marius en Inga, suster Ciska en swaer Terrie, en familie. Vir die familie lê ‘n baie moeilike tyd voor. “Daar is vir ons as familie ‘n groot taak wat vir ons voorlê ... Ons het altyd en sal altyd daar wees om te help,” het Inga gesê.

 

 
 
 

Viewed: 4316

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT