ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Die sowat R53,000 se vermoedelik gesteelde goedere waarop die polisie beslag gelê het by Northern Scrap Metal op Louis Trichardt. Foto: Makhado SAPD.

Bestuurder van skrootwerf spandeer naweek agter tralies

Date: 16 November 2023 By: Andries van Zyl

Die jong bestuurder van ‘n skrootmetaalbesigheid op Louis Trichardt het die afgelope naweek agter tralies deurgebring, nadat die Makhado polisie Vrydag op die besigheid toegeslaan het.

Die 25-jarige Tiaan de Bruyn, bestuurder van Northern Scrap Metal, is deur die polisie gearresteer en aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, asook ‘n oortreding van die wet op tweedehandse goedere.

Volgens plaaslike polisiewoordvoerder sers. Irene Radzilane het die polisie tydens ‘n spesiale operasie, onder leiding van kol. Bez Bezuidenhout (stasiebevelvoerder), op die skrootwerf toegeslaan. Aanvanklik het gerugte die ronde gedoen dat ‘n groot hoeveelheid brandkraankoppe, soos dié wat sedert einde verlede jaar in die dorp gesteel word, op die perseel gevind is. Radzilane het egter by navraag bevestig dat die goedere waarop beslag gelê is, toe nie brandkrane was nie, maar gewone staal en koper wat, volgens die polisie, vermoedelik gesteel kan wees.

Radzilane het gesê dat die polisie beslag gelê het op sowat R53 000 se goedere, meestal gebrande koper en yster. Sy het ook bevestig dat De Bruyn die naweek in polisie-aanhouding gebly het, totdat hy Maandag in die plaaslike hof op die aanklagte hierbo genoem verskyn het. Hy is op R2 500 borgtog vrygelaat en gewaarsku om op 11 Desember weer in die hof te verskyn.

Intussen het die eienaar van die skrootwerf, plaaslike sakeman mnr. Werner Lee, op die voorval gereageer.

“Ek dra kennis dat ‘n werknemer by Northern Scrap Metals (Edms) Bpk gearresteer is, maar sedertdien op borgtog vrygelaat is. Die volle besonderhede van die voorval is aan my onbekend en die beweringe wat deur die SAPD gemaak word, word intern ondersoek. Ons glo nie dat die betrokke werknemer by enige ongerymdhede betrokke sou wees nie. Northern Scrap Metals (Edms) Bpk doen op ‘n eerlike wyse hul sake en streng volgens die landswette van Suid-Afrika en (daar) sal volle samewerking aan die SAPD verleen word in hul ondersoek,” het Lee in ‘n verklaring aan die koerant gesê.

Radzilane het Dinsdag die arrestasie as ‘n sukses beskou. Sy het bygevoeg dat hulle nou saamwerk met plaaslike skrootwerwe om die onwettige handel in gesteelde metaal hok te slaan en dat hulle sal optree teenoor enigiemand wat hulle aan die misdaad skuldig maak.  

 

 
 
 

Viewed: 1469

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Somer is vir tuinbou, so kom leer meer saam met Athri Wilson

Of jy ’n groot tuin het of selfs net ’n paar potplante vertroetel, almal weet van die menigte voordele wat tuinmaak jou bied. Nie net ontlaai jy van stres nie, maar gesoute tuiniers glo vas dat tuinmaak jou langer laat lewe. Die bekende aktrise, Audrey Hepburn, het gesê: ”Om tuin te maak is om in môre te glo”.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT