ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Yvonne Schaap (76). Foto verskaf.

Yvonne was nie lui om te werk nie

Date: 25 November 2021 By: 

Inwoners het met hartseer afskeid geneem van die beminde Yvonne Schaap (nooi Erasmus) wat op 8 November vanjaar in die ouderdom van 76 jaar oorlede is.

Yvonne is gebore op 21 April 1945 in die destydse Nylstroom, waar sy ook grootgeword het. Sy sou ná skool haarself as mediese suster bekwaam en was vanaf 1974 tot 1982 werksaam by die Elim Hospitaal. Daarna was sy vir 22 jaar werksaam by Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt.

“Sy was baie lief vir al die oumense gewees en sy was nie lui om te werk nie. Sy het aangehou werk tot op die ouderdom van 72 jaar. Ma kon nooit stil sit nie,” onthou haar kinders haar.

‘n Roudiens vir wyle Yvonne is Saterdag, 20 November, vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente gehou. Sy word oorleef deur vyf kinders, ses kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Die familie het hulle dank uitgespreek teenoor die gemeenskap van Louis Trichardt vir hulle woorde van vertroosting en ondersteuning in hierdie moeilike tyd.

 

 
 
 

Viewed: 566

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT