Generic image

Nico wen klub se laaste veilingwedvlug

Date: 25 July 2019 By: Andries van Zyl

Viewed: 273

Julius Pienaar het die afgelope naweek die Hanglip Posduifklub se jaaroudwedvlug vanaf Wolmaransstad gewen, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n wenspoed van 1827.69 meter per minuut. Hy was ook 6de.

Die ander toptien plekke in die wedvlug het gegaan aan Nico Bezuidenhout (2de, 7de en 8ste), Gerhard Bezuidenhout (3de en 9d)e, Ben & Marian Pienaar (4de en 5de) en Erasmus Hokke (10de).

In die opewedvlug was dit Gerhard Bezuidenhout wat spog met ‘n eerste plek nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n wenspoed van 1832.41 meter per minuut. Hy was ook 3de en 8ste. Julius Pienaar was 2de en 9de, Ben & Marian Pienaar 4de, 5de, 6de en 7de en TE Smit 10de.

Die klub het ook hul laaste veilingwedvlug van die jaar vanaf Wolmaransstad beslis. Die wedvlug is gewen deur Nico Bezuidenhout met 'n duif van Hannes Bronkhorst van Makopane. Nico was ook tweede met ‘n duif van Martin Bezuidenhout wat Trompie Hofmyer geteel het, asook vierde met Hendrik van Rensburg van Polokwane se duif. Julius Pienaar was derde met 'n duif van George Schempers, geteel deur Ben Pienaar, en Gerhard Bezuidenhout vyfde met Frans de Lange van Ellisras se duif wat deur Gerhard self geteel is.

Eerskomende naweek vat die duiwe mekaar aan vanaf Bloemfontein oor ‘n afstand van 740 km.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: andries@zoutnet.co.za

 
 

More photos...