ADVERTISEMENT:

 
     

NG Boerekarnaval

 

From: 01 June 2024 at 00:00 AM

Until: at

Location: NG Kerk Soutpansberg


Details:

Inwoners kan nou solank ‘n knoop in hul ore maak wat betref die NG Kerk Soutpansberg se “Boerekarnaval” op Saterdag, 1 Junie.
Vanjaar se kuier beloof ekstra pret en plesier vir oud en jonk, met die aktiwiteite wat vanjaar ook ‘n bergfietswedren en wedloop gaan insluit. Die renjaers sal by die kerk wegspring en eindig en meer inligting oor afstande en inskrywingsfooie sal nader aan die tyd bekend gemaak word.
Vir die hongeres sal weer ‘n feesmaal van lekker eetgoed te koop wees, asook ‘n lekker ontbyt. Buiten vir die stalletjies wat weer ‘n koek-, groente- en vleistafel sal insluit, sal heelwat vermaak vir die jongspan ook beskikbaar wees om hulle besig te hou terwyl ma en pa bietjie inkopies doen.
“Sien julle daar!” het die gemeente genooi.


Contact Person:

Tel:

Email:

 

Upcoming Events

NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg Start: 01 Jun
AGS Talentkompetisie
Start: 01 Jun  (17:00 PM)
Dorpswag Straatkafee
Where: Dorpwagkantoor Start: 08 Jun
Stad op die Berg Jagpakketkompetisie Wenner trekking
Where: NG Kerk Stad op die Berg, Louis Trichardt Start: 14 Jun End: 14 Jun  (12:00 PM)