ADVERTISEMENT:

 
     

SCHOEMANSDAL GELOFTEFEES

 

From: 16 December 2019 at 10:00 AM

Until: 16 December 2019 at 23:00 PM

Location: Schoemansdal


Details:

Inwoners van Louis Trichardt en omstreke word uitgenooi om die Voortrekkers se Desember 1838 Gelofte gestand te doen tydens vanjaar se Schoemansdal Geloftefees op Maandag, 16 Desember. 

Die Geloftefees vind plaas by die Schoemansdal Feesterrein sowat 16 km uit op die Vivo-pad.

Vanaf 10:00 vind die opening, aankoms van die perdekommando, die hernuwing van die Gelofte, vlaghysing en dan die Geloftediens plaas. Die diens sal waargeneem word deur ds. Wynand van der Westhuizen van die APK Louis Trichardt.

Na die kranslegging sal daar ‘n teepouse wees waarna ds. Philip Venter van die Veritas-gemeente die feesrede sal lewer. Ná afslui­ting sal middagete en koue drinkgoed gratis bedien word. Baie belangrik om te onthou is dat ‘n eie stoel en eetgerei saamgebring moet word. Vir meer inligting, skakel Abrie Wepener by 082 686 2552.


Contact Person: Abrie Wepener

Tel: 082 686 2552

Email:

 

Upcoming Events

Fatman optrede ten bate van CVO
Where: Action Ford Start: 15 May
SPCA Golf Day
Where: Soutpansberg Golf Club Start: 18 May
NG Blouberg Basaar
Where: NG Kerk Blouberg-gemeente Start: 25 May
Ons Tuiste Basaar
Start: 25 May  (08:00 AM) End: 25 May  (13:00 PM)
NG Boerekarnaval
Where: NG Kerk Soutpansberg Start: 01 Jun
AGS Talentkompetisie
Start: 01 Jun  (17:00 PM)