ADVERTISEMENT:

 

 
 

Luandi van Zyl (links) het die rol vertolk van Danica Knoetze se maltrap suster in 'n dialoog wat hulle gelewer het tydens Laerskool Louis Trichardt se jaarlikse Somerkonsert verlede Woensdag.

Somerkonsert getuig van hope talent by jongklomp

Date: 10 March 2017 By: Isabel Venter

Ballerinas, trekkers, hoenders, maltrap susters en ‘n deurmekaar nuwe pa was maar net van die talent wat te sien was by Laerskool Louis Trichardt se Somerkonsert.

Die skool het oudergewoonte hul kultuurbedrywighede vir die jaar afgeskop met die hou van hierdie jaarlikse konsert verlede Woensdag.

Die doel van die konsert is om leerlinge die kans te gee om hul talent in drama, sang, musiek en dans ten toon te stel, en aan talent was daar ‘n oorvloed gewees. Tydens die konsert het dit ook sommer vinnig duidelik geword hoekom Triegies se leerlinge elke jaar, sonder uitsondering, so besonders goed presteer by die Eisteddfods. Buiten vir hul talente was daar nie ‘n tekort aan selfvertroue gewees onder enige een van die Triegies nie. “Ja-nee, dis nou maar wors. Vanjaar gaan die kompetisie by die Eisteddfods taai wees vir die ander skole se deelnemers!” het van die konsertgangers opgemerk.

 

 
 
 

Viewed: 412

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Leeanne van Heerden kan nie net sing nie, maar dans ook. Hierdie talentvolle jong Triegie het verskeie items gelwer tydens verlede week se Somerkonsert by Laerskool Louis Trichardt. Dié konsert is 'n jaarlikse instelling by die skool. 

Mia Alberts en Cara van der Goot was nog twee dansers wat die gehoor vermaak het met 'n lewendige dans item tydens Laerskool Louis Trichardt se jaarlikse Somerkonsert. 

Wessel Furstenberg en Eleen Furstenberg het saamgespan en ook 'n komiese stuk opgevoer tydens Laerskool Louis Trichardt se Somerkonsert. Wessel het die rol vertolk van 'n trotse nuwe pa wat sy kind moes registreer by Binnelandse Sake ... hy het egter baie gesukkel met die vorms, tot groot vermaak van die gehoor oor die ergenis wat hy veroorsaak vir die "vriendelike juffie" van Binnelandse Sake.

 Jennifer Setecki het 'n moderne dans uitgevoer tydens Laerskool Louis Trichardt se Somerkonsert verlede Woensdag.

Catelyn de Beer het uitgestaan met 'n kleurvolle dans uit Indië tydens verlede Woensdag se somerkonsert wat by Laerskool Louis Trichardt aangebied is.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT