ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die alombekende mnr. Johan Kok (73) van Musina wat verlede Vrydag in ‘n motorongeluk oorlede is. Foto verskaf.

Oud-stadsklerk van Musina sterf in motorongeluk

Date: 01 August 2019 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het die afgelope week met groot hartseer kennis geneem van die skielike dood van die welbekende voormalige tesourier en stadsklerk van die destydse Messina Munisipaliteit, mnr. Johan Kok (73).

Johan is verlede Vrydag, 26 Julie, in ‘n motorongeluk dood op pad na sy plaas op die Musina/Campbell-pad. Hy het deur die jare diep spore in die Musina-gemeenskap getrap op alle vlakke van die samelewing, van skool tot kerk. Hy het uit munisipale diens getree in Maart 1995 na 23 jaar se diens.

“Mnr. Kok sal onthou word vir sy harde werk. Hy was een van die mense wat die fondasie gelê het waarop die huidige Musina Munisipaliteit funksioneer,” het Musina burgemeester rdl. Mihloti Muhlope in ‘n verklaring gesê. Sy het haar medelye uitgespreek teenoor Johan se familie en almal wat saam met hom gewerk het.

‘n Roudiens vir wyle Johan vind Donderdag, 1 Augustus, om 11:00 vanuit die NG Kerk Musina gehou.

 
 
 

Viewed: 1110

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT