ADVERTISEMENT:

 

 
 

Derduisende se sigarette gesteel by Spar

Date: 13 October 2017 By: 

Die Makhado Polisie het vanoggend bevestig dat die Soutpansberg Spar in Louis Trichardt die jongste slagoffer van ‘n inbraak was.

Werknemers het bewus geword van die inbraak toe hulle die winkel oopgesluit het. Volgens plaaslike polisiewoordvoerder, konst. Irene Radzilane, het ‘n onbekende getal verdagtes toegang tot die winkel gekry deur ‘n gat in die dak te maak. Daar is beeldmateriaal van die inbraak, alhoewel die alarmstelsel blykbaar nie afgegaan het nie.

Die diewe het glo weggekom met oor die R100 000 se sigarette. “Die diewe het net sigarette gesteel en niks anders nie,” het Radzilane gesê.

‘n Saak is geopen en word ondersoek deur die polisie.

 
 
 

Viewed: 742

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT