ADVERTISEMENT:

 

 
 

Foto: Jan "Slang" van Rooyen.

Skakel eerder voor jy ‘n slang dood maak

Date: 14 September 2019 By: 

Met die einde van die winter, die dae wat warmer word en die diere wat meer aktief raak, is daar nou weer ‘n groter moontlikheid om slange raak te loop.

Plaaslike slangkenner en -vanger Jan “Slang” van Rooyen het weereens ‘n beroep gedoen op inwoners van die Soutpansberg om nie hierdie “onwelkome” reptiele voor die voet dood te maak nie. “Slange kom uit om kos en water te soek ná hul nie baie geëet het deur die winter nie. Daarom sal mense heelwat meer te doen kry met slange,” het Van Rooyen gesê.

Hy het mense uitgenooi om hom eerder persoonlik te skakel indien hulle in kontak kom met ‘n slang as om die slang dood te maak. “Ek ontvang ook gereeld foto’s vir identifikasie. Wat dit betref wil ek versoek dat die foto’s duidelik geneem moet word,” het Van Rooyen gesê.

Vir meer inligting of slangbewusmaking kan Van Rooyen geskakel word by tel. 081 217 9213. Hy is ook op WhatsApp beskikbaar.

 
 
 

Viewed: 335

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT