ADVERTISEMENT:

 

 
 

Eerste wedstryde in Limpopo senior rugbyliga

Date: 03 May 2019 By: Andries van Zyl

Plaaslike rugbyliefhebbers sal bly wees om te hoor dat die eerste wedstryde in die Limpopo senior-liga vanaf eerskomende naweek beslis sal word.

Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerstespan sal eerskomende Vrydagaand (3 Mei) om 20:00 te staan kom teen die eerstes van Naboomspruit in ‘n tuiswedstryd. “Daar sal net een wedstryd die aand gespeel word, aangesien Naboomspruit nie ‘n tweedespan het nie,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Toegang by die hek beloop R20 per voertuig en ‘n kontantkroek asook “pub lunches” sal   beskikbaar wees. “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het Kevin gesê.

Intussen het Kevin aangekondig dat die Univen-rugbyspan nou amptelik as Louis Trichardt se derdespan sal speel. Hulle eerste wedstryd word Saterdag, 4 Mei, vanaf 14:00 tuis beslis wanneer hulle teen Kruinies (ou Pietersburg Dorp) op die veld sal draf. Geen toegang sal vir die wedstryd gevra word nie.

 
 
 

Viewed: 924

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT