Duiweboere sê mekaar stryd aan vanaf Theunissen

Date: 19 July 2019 By: 

Viewed: 332

Lede van die Hanglip Posduifklub het die afgelope naweek hul wedvlugseisoen voortgesit met ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Theunissen. Net die eerste tien plekke word telkens in die uitslae gelys.

Die jaaroudwedvlug is gewen deur Julius Pienaar, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1122.65 meter per minuut. Hy was ook 8ste. G. Bezuidenhout was tweede, Sekelbos Hokke 3de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 5de en 6de, Nico Bezuidenhout 7de en 10de en Mieke & Mike Coetzee 9de.

In die opewedvlug was dit Mieke en Mike Coetzee wat met ‘n eerste plek kon spog, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1139.12 meter per minuut. G. Bezuidenhout was 2de, 7de en 10de, Nico Bezuidenhout 3de en 5de,  RWJ & Mike Coetzee 4de en 5de, Sekelbos Hokke 8ste en Ben & Marian Pienaar 9de.

Die klub sal eerskomende Saterdag vanaf Wolmaransstad vlieg in wedvlugte oor 620 km.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Email: 

 
 

More photos...