ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Hitte en wind laat duiwe sukkel vanaf Virginia

Date: 07 September 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (HLP) en Soutpansberg (SPB) Resiesduifklubs het die afgelope naweek swaar gekry weens die hitte en sterk noordwestewind wat oor die Vrystaat en Noordwes Provinsie gewaai het in hulle wedvlugte vanaf Virginia. Die duiwe kon skaars ‘n gemiddelde spoed van 1 000 meter per minuut haal.

In die jaaroud-wedvlug is 68 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Pienaar Hokke (HLP), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 010,12 meter per minuut. Hulle was ook 8ste, 15de en 19de. Gerhardt Bezuidenhout (HLP) was 2de, 9de en 18de, Mieke & Mike Coetzee (HLP) 3de, Nico & Dian Bezuidenhout (HLP) 4de, 10de, 12de, 14de, 16de, 17de en 20ste, RWJ & Mike Coetzee (HLP) 5de, 6de, 7de en 13de en Marx Hokke (SPB) 11de.

In die opewedvlug is 69 duiwe losgelaat. Marx Hokke het met die louere weggestap nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 923,12 meter per minuut. Hulle was ook 4de, 10de en 13de. Nico & Dian was 2de, 5de, 6de en 12de, Gerhardt 3de, 9de, 14de en 18de, Louis Gossmann (SPB) 8ste en 16de, RWJ & Mike 7de, Mieke & Mike 11de, Pienaar Hokke 15de en 19de en Osie Oosthuizen (SPB) 17de en 20ste.

Wat die middelpad-kampioenskappe betref, is Gerhardt tans eerste met 1 147 punte. Mieke & Mike is tweede met 1 133 punte en RWJ & Mike derde met 1 132 punte. Nico & Dian en Marx Hokke is onderskeidelik vierde en vyfde met 1 120 en 1 084 punte.

Die komende naweek is die wedvlugte vanaf Kimberley, wat die laaste van die langpadwedvlugte is.

 

 
 
 

Viewed: 1681

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT