ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan en afrigters vier fees nadat hulle Saterdag, ná afloop van die finale ronde van die provinsiale XCO-skoleliga, die Tour de Lake, as wenskool in Limpopo aangewys is. Foto verskaf.  

Hoërskool LTT eindig as topskool in Limpopo XCO

Date: 07 September 2023 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt het as wenner van die Limpopo XCO-skoleliga uit die stryd getree ná afloop van die vierde en finale ronde van dié bergfietsreeks, die Tour de Lake, wat Saterdag (2de) by Stanford Lake College beslis is.

Triegies het gemaklik die liga met 551 punte gewen, 166 punte voor hulle naaste teenstanders, Hoërskool Merensky, wat tweede was met 385 punte. In die derde plek was PHS met 209 punte.

In die uiters kompeterende junior-afdeling vir seuns kon Triegies spog met twee podiumplekke, met Jacques du Preez wat weereens skitterend gery en eerste geëindig het. Kort op sy hakke was spanmaat Nduvho Mudugwe, wat eweneens beïndruk het met sy tweede plek. Andani Raphalalani het gesorg vir ‘n Top-10 posisie in die sewende plek. In dieselfde afdeling vir meisies was Mieke Veldman van Triegies sesde en spanmaat Stefanie Venter 10de.

In die Youth-afdeling vir seun het drie Triegies onder die Top 10 geëindig, met Brendan Bruce in die vierde plek, Matthew Lee in die agste plek en Daniel Lee tiende. In dieselfde afdeling vir meisies was Amelia Scheepers vierde, Xhoë Smit sesde en Mijanke Venter sewende.

Triegies se Nicolas Archer het sy seisoen sterk klaargemaak, met nog ‘n eerste plek in die afdeling vir sub-junior hoërskool seuns. Spanmaats Peroux du Preez en Aiden Smit was onderskeidelik vierde en agste. In dieselfde afdeling vir meisies wat Renette Nel 10de.

Buiten om as top skool te eindig, is 15 van Triegies se fietsryers ook opgeneem in die provinsiale span ná afloop van die liga. Hulle is Junèl Joubert, Mijanke Venter, Chrizette Odendaal, Jacques du Preez, Stefanie Venter, Mieke Veldman, Amelia Scheepers, Peroux du Preez, Daniel Lee, Nicholas Archer, Aiden Smit, Nduvho Mudugwe, Matthew Lee, Brendan Bruce en Danae Schuch.

Wat die afdeling vir laerskole betref, het Laerskool Louis Trichardt ook baie goed gevaar om algeheel derde te eindig in die liga met 385 punte, naas Laerskool Krugerpark in die tweede plek met 399 punte en Pietersburg Oosskool eerste met 629 punte.

Die jong Triegies kon spog met vier podiumplekke, waaronder drie eerste plekke en een tweede plek. In die baie kompeterende afdeling vir sub-junior laerskoolseuns het André van Ree weer vir hom ‘n gemaklike eerste plek losgetrap en meer as vier minute voor sy naaste teenstander geëindig. Spanmaat en tuisskoler (t) Eli Signer was vierde, Lourens Oosthuizen 11de, Willie Venter 12de, Wian Joubert 17de en Robert Strydom 23ste. In dieselfde afdeling vir meisies was nog ‘n Triegie, Cara Bruce, eerste deur net meer as ‘n minuut-en-half voor haar naaste teenstander klaar te maak.

In die Sprog-afdeling vir seuns het Triegies se Aiden Bruce met net bietjie meer as 30 sekondes die eerste plek gemis en tweede klaargemaak. Spanmaats Daniel George was 19de, Drian de Swardt 28ste en Reinhart Ravenscroft 37ste. In dieselfde afdeling vir meisies was Elouise Krügel 10de, Mia Venter 13de, Zane Adlam (t) 17de en Tayla Walberer (t) 19de.

Triegies kon ook spog met ‘n eerste plek in die Nipper-afdeling vir seuns, met Mauritz Meiring wat eerste klaargemaak het. Spanmaat Adriaan Erasmus het hard gewerk vir sy agste plek, met Christiaan Odendaal wat 14de was. Ethan McGhee (t) was 19de, Aiden McGhee (t) 21ste en Ruan de Beer 23ste. In dieselfde afdeling vir meisies was Lihane Meiring 10de en Elana Burger 14de.

Wat die jongste ryertjies betref, was Pierre Willemse 12de in die afdeling vir sub-Nipper seuns, met spanmaats Jonathan van Heerden 14de, Milander Meiring 15de en AJ Moulder 32ste. In dieselfde afdeling vir meisies was Emma Gethen (t) sesde, Nirieke Meiring sewende en Isabelle McGhee negende.

Ná afloop van die seisoen het Laerskool Louis Trichardt se André van Ree, Cara Bruce, Aiden Bruce en Mauritz Meiring ook hulle provinsiale kleure in die sportsoort ontvang.

 

 
 
 

Viewed: 2068

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT