ADVERTISEMENT:

 

 
 

Duiwe kry vir tweede naweek swaar weens hitte en wind

Date: 14 September 2023 By: Andries van Zyl

Duiwe van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Resiesduifklubs het die afgelope naweek weereens swaar gekry weens die hitte en ‘n sterk noordwestewind in hulle twee opewedvlugte vanaf Kimberley, en soos verlede naweek kon die duiwe skaars ‘n gemiddelde spoed van 1 000 meter per minuut handhaaf.

In die 15A-opewedvlug is 43 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Gerhardt Bezuidenhout (Hlp), nadat sy wenduif die wedvlug voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 939.86 meter per minuut. Hy was ook 4de, 9de, 10de, 11de en 18de. Mieke & Mike Coetzee (Hlp) was 2de en 16de, Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp) 3de, 7de, 12de, 13de en 19de, Marx Hokke (Spb) 5de, 6de en 14de, Pienaar Hokke (Hlp) 8ste, 15de en 20ste en RWJ & Mike Coetzee (Hlp) 17de.

In die 15B-opewedvlug is 52 duiwe losgelaat. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 962.05 meter per minuut. Hulle was ook 6de en 14de. Gebhardt was 2de, 5de, 11de, 16de en 20ste, Nico & Dian 3de, 10de, 13de, 17de en 18de, Mieke & Mike 4de en 7de, Marx Hokke 8ste en 15de en Pienaar Hokke 9de, 12de en 19de.

Die afgelope naweek se wedvlugte was die laaste van die langpad-kampioenskappe, met Marx Hokke wat as langpad-kampioen gekroon is met 763 punte. Nico en Dian was tweede met 762 punte en Gerhardt derde met 755 punte. RWJ & Mike en Pienaar Hokke was vierde en vyfde met onderskeidelik 752 en 742 punte.

Eerskomende naweek neem die klubs deel aan wedvlugte vanaf Theunissen oor ‘n afstand van 675 km, wat ook die laaste jaaroudwedvlug van die jaar sal wees.

 

 
 
 

Viewed: 1671

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT