ADVERTISEMENT:

 

GoPro-video tydens Spur XCO-bergfietswedren

Date: 14 October 2016 By: 

Viewed: 24543

 

Die finaal van die Spur XCO-bergfietsliga is oor twee dae (8 en 9 Oktober) beslis by Hoërskool Bekker in die Magaliesberge.

Hoërskool Louis Trichardt was ook daar om hul eer te verdedig, nadat hulle as topskool in die provinsie uit die stryd getree het.  Die eerste dag het die skoolspanne teen mekaar te staan gekom om ‘n algehele wenskool vir die liga te bepaal. Die tweede dag het die provinsiale spanne mekaar die stryd aangesê om die top provinsie te bepaal. 

In die junior mansafdeling tydens die skolekompetisie Saterdag, was dit deja vu vir Limpopo se nommer een ryer, Triegies se Marno van Zyl. Soos met die laaste rondte van die provinsiale liga, die Tour de Lip, knip ‘n pap wiel binne die eerste paar minute van die wedren sy kanse vir ‘n goeie posisie kort. Soos met die Tour de Lip, moes hy die grootste deel van die eerste rondte hardloop, voordat sy wiel in die tegniese sone by die eindstreep vervang kon word. Die res van die wedren het hy rustig gery (herstelrit), om sy bene vir Sondag se interprovinsiale kragmeting te spaar. Hy voltooi steeds drie van sy vier rondtes. 

Hierdie is sy GoPro-video geneem van sy herstelrit.

 
 

 

More videos...

ADVERTISEMENT